Mijn boeken
Catalogus
Omslag van Griekeland Verrassend Anders! - Deel 1
Achterkant van Griekeland Verrassend Anders! - Deel 1

Griekeland Verrassend Anders! - Deel 1

Paperback112 pagina’safrDeel 1 →
Hier volg 'n lys van opskrifte en onderopskrifte, foto's en kaarte:* Griekeland in perspektief - ʼn Kort beskrywende oorsig van geografiese- en demografiese kenmerke* Voorwoord* Griekeland – Verrassend anders! - Dan sal twee dae nie genoeg wees nie* Ons gaan tog nie by die eerste die beste hotel slaapplek soek nie - die omgewing lyk maar “scalie”* Voordat ek met môre begin ... dan onthou jy dat jy dit vergeet het!* Ons selfoonwekker maak ons wakker - marmelade is tog nie Engels nie* Peloponnesos - Isthmus, Arxaia Korinthos en Nea Korinthos* Kolpos Korinthos - alles lyk verlate* Berg en See - hierdie berge wil ek in* Posbussies langs die pad - langs ʼn gapende afgrond, langs elke draai ...* ʼn Sneeuvlokkie op ons voorruit - ons moet omdraai voordat ons vanaand hier vassneeu* Onmoontlike ingenieurswerk – ‘n brug op ‘n drywende fondasie* Die aand op Patra - agter ʼn sluier van sigaretrook* Barcelona - die man met die aktetas* ‘n Misverstand - sy maak haar verskyning met nóg twee Pyrexbakke* Agter berge om - tussen bome, bosse en vosse* Die natuur moet sy gang gaan - en ons is honger* Tripoli - ‘n sentrale kruispunt* ‘n Droom word werklikheid – ná 2,500 jaar* Nou kom daar rêrig moeilikheid ... was hy ʼn engel?* Erkenning en Bedankings * ʼn Kort voorskou van deel 2 - Trahila Verrassend Anders!FOTO’S en KAARTE* Kaart van Griekeland en Roetekaart* Foto - Rooi teëldakkies en kleurvolle daktuine* Foto - Geel modderwater wat klots teen ʼn skuit *Foto - van Niemand anders waag dit buite nie* Foto - Sneeu skitter in kolle sonlig op berge* Foto - “Posbussies” langs die pad* Foto’s - Manjifieke ou bome* Foto - Onmoontlike ingenieurswerk* Foto - Veerbote en jagte aan die pad verankerd* Foto - Agios Andreas-kerk* Foto - Agter berge om* Foto’s - Die vroeë-oggendson op berge, wolke en bootjies op onrustige water* Foto - Herders, bosse en vosse* Foto - ʼn Alleenstaande klipgebou langs die pad* Foto - Tussen blaarlose bome murmel ‘n stroompie* Foto - Die kanaal* Foto - DiolkosNota: Die foto’s is meestal sonder byskrifte, maar so geplaas dat dit ‘n eenheid met die teks vorm.Reeds met sy eerste reis ontdek die Skrywer hoe "verrassend anders" Griekeland is - nie net son en saffier of 'n speelplek vir rykes, soos baie mense dit voorstel nie!Lekker om te lees! Lekker om te ontvlug en weg te kom van al die rumoer, al die gedruis en al die spanning om jou heen, en te verdwaal in ʼn ander wêreld, ʼn land só anders as wat hy meestal voorgestel word.ʼn Man staan in die deur en staar die donkerte in, sy maag hang saam met sy hemp oor sy broek. Hy suig aan ʼn sigaret en kyk hoe reën in flarde neerkom, laat sy hand sak en blaas rook die koue naglug in. Hy skiet as van sy sigaret af. Dit maak vonkies.“Die omgewing lyk maar scalie,” sê Suzette. “Die omgewing én die man,” sê ek.Ry maar verder,” sê sy, “ons gaan tog nie by die eerste die beste hotel slaapplek soek nie.” Aan geraamtes van sonskerms wat tydens die somer met palmtakke bedek was klou nog ʼn paar halms halsstarrig vas terwyl die wind dit in flarde waai en onsigbare aasvoëls daaraan ruk en pluk. Geel modderwater stroom teen die berghange af en verkleur die water van die Golf van Korinthe geel. Skuins voor ons klots geel modderwater teen ʼn skuit wat op die strand lê.Op ʼn tergend gevaarlike paadjie, hoog in die berge, word ons skielik deur sneeu oorval.In deinsige donkerheid van dwarrelend sneeu, wolke en mis, soek ek omdraaiplek langs grynsende afgronde. Suzette spot: “Ek sal nie omgee om hier vas te sneeu nie ... as daar maar net ʼn aantreklike Griek in die omgewing is wat hom oor my sal ontferm!
In het kort
ISBN-13
9789083154909
Verschenen
9 mei 2022
Trefwoorden

Lijkt op dit boek

CB-relatie 6636069 · Bijgewerkt 6 augustus 2026
Bestel bij bol →
← Terug naar resultaten

Griekeland Verrassend Anders! - Deel 1

Wicus Botha illustrator

Alles bekijken →